Ons is besig met 'n ordentelike website vir Kobus en Karla. Hou die spasie dop.

Ons wil vir Karla baie geluk wens dat sy die kykerskeuse gewen het met stemme. Baie dankie aan almal wat vir Karla gestem het.

Hier is Karla se oudisie van Sondag 12 September 2021vir die Begin Sing Kompetisie

Ons is baie bly en gelukkig dat plekke weer oop is vir besigheid, maak jou bespreking nou!

BAIE GELUK AAN KARLA MET DIE BLC KOMPETISIE WAT JY GEWEN HET!!!

Julle kan haar video hieronder kyk wat vir haar deur BLC Entertainment vervaardig is.

Piece by Piece

Amanda

Ai my Lam

Die seën

Neon Moon

Plane Jane

Babelas Blues

Just an Illusion

Loving Arms

JBay Skoffel

Lord You Know

biografie

Kobus Gouws

Karla

Kobus het op 8 jarige ouderdom leer konsertina speel. Daarna het hy die kitaar geleer en ander instrumente het gevolg. Vandag speel hy 16 instrumente met lead kitaar as sy hoof instrument. Hy was verskeie kere op TV met boeremusiek kompetisies asook in People of the South. Kobus het in 1989 aangesluit by die Weermag se Vermaaklikheids afdeling in Pretoria waar hulle musiektoere regoor die land gedoen het. Hier het hy saam met bekende musikante en sangers opgetree onder andere Clive Brice, Al Debbo, Matt Hurter,  Nico van Rensburg, Willie Botha ens. Hulle orkes het in 1995 die Battle of the Bands gewen in die Oos Kaap. Kobus was ook beoordelaar by verskillende kompetisies. Kobus, Blackie Swart en Dozi is great maats en het al ‘n paar keer saamgespeel. 3 jaar gelede het hy saam met Elandre Swartz by die Kirkwood se Wildsfees opgetree en 2019 het Kobus en Karla by die Loerie Nartjiefees opgetree. Hulle het altesaam 16 albums uit wat wissel tussen Boeremusiek, Country, Afrikaans, Pop, Gospel ens. Een van Kobus nuutste kitaar cd’s is Bakgat Pappie wat uitstekend verkoop. Hulle het ook 3 Country albums uit getiteld – Saddle Up Vol 1, 2 en 3 wat ook baie goed verkoop. Kobus en Karla tree op by troues, verlowings. Bike Rally’s, klubs ens. Voor die Lockdown en huidiglik tree hulle op by Savoy Hotel Londt Park, Hot Spot en private funksies, hulle het ook al by Hotspot in Somerset Oos opgetree. Tans bedryf Kobus ‘n recording studio en neem hy huidiglik Karla se volgende album op. Kobus en Karla se nuutste album is onlangs vrygestel en is getiteld – Soet op die Tong Vol1 en dit bestaan uit Toeka en Tydlose treffers. Kobus en Karla sing saam op meeste van hulle albums en hulle musiek bestaan uit Afrikaans, Pop, Country, Boere en kitaar pick nommers van The Shadows. Hulle doen songs van bekende bands naamlik Queen, Dire Straits, Smokey, CCR, Shania Twain, Gloria Gaynor, Whitney Houston, Eric Clapton, Pink Floyd ens.

Karla het op 9 jarige ouderdom belangstelling getoon in sang. Sy het by verskeie karaoke kompetisies opgetree en hoevele gewen. In Graad 8 was sy seker die jongste meisie wat ooit die talent kompetisie in Hoerskool Despatch gewen het, sy het dit ook in graad 12 gewen. Sy het so 3 jaar terug begin kitaar speel en doen ook heelwat solo vertonings. Karla het ‘n besonderdse sterk stem en die X-faktor is duidelik te hoor wanneer sy optree. Sy is baie professioneel in haar optredes en weet hoe om haar gehoor te lees. Hulle het baie dieselfde stokperdjies soos pool, skaak, tafeltennis, kaarte speel ens en Karla het ook provinsiale kleure vir skaak en pool. Sy het die dames trofee vir 8 Ball pool in die Despatch/Uitenhage liga al ‘n paar keer gewen asook die beker vir die Top 32 se beste speler. Haar passie is musiek en hulle beplan nog groot dinge vir die toekoms. Karla word ook huidiglik geborg deur Rudi Claase met ‘n nuwe liedjie getiteld – Verlore Drome wat eersdaags vrygestel sal word. Karla is onlangs gekroon as die nuutste wenner van die BLC sang kompetisie wat in die 3de week van Desember 2020 klaar gemaak het. Baie geluk Karla met ‘n blink toekoms wat voorlê.

Book now to avoid Disappointment!!!
Cell: 072 040 6948

Kobus Gouws

© Hudson IT Solutions | All Rights Reserved.